Oh dear...

Your browser is not supported
To get the best out of GivenGain, please use a modern browser.

Wilmien Potgieter-fonds

AfriForum het die Wilmien Potgieter-fonds, ’n ondersteuningsfonds vir kinderslagoffers van plaasmoorde, in 2019 gestig.

Wilmien Potgieter (2) is in Desember 2010 saam met haar ouers genadeloos op hulle plaas buite Lindley in die Vrystaat vermoor. Haar pa, Attie Potgieter (40) is 151 keer met ’n panga, tuinvurk en mes gesteek ten aanskoue van sy vrou, Wilna (36), en klein Wilmien.

Kinderslagoffers van plaasmoorde ervaar dikwels ondenkbare vlakke van trauma en lyding.

Omdat hulle dikwels klein is en nog nie oor die vermoë beskik om hulle gevoelens te verwoord nie, treur hulle in stilte en praat hulle nie oor hulle vrese nie.

’n Kliniese sielkundige met wie AfriForum gepraat het, meen die algemene publiek sal skrik as hulle sien waardeur kinders gaan wat slagoffers van plaasmoorde en plaasaanvalle is.

Elke kind hanteer die situasie of gebeure anders, maar in die meeste gevalle het hulle berading dringend nodig omdat hulle skielik aan slaaploosheid, angstigheid en selfs depressie begin ly. Van hierdie kinders moet noodgedwonge medikasie gebruik om hulle te help om te oorleef.

Benewens hulle geestelike en emosionele gebrokenheid waaraan aandag gegee moet word, is van hulle ook skielik sonder finansiële sekuriteit en standvastigheid as byvoorbeeld die pa, wat gewoonlik die broodwinner is, vermoor word.

Slagoffers van plaasmoorde se wêrelde stort in duie. Die oorlewendes verlaat dikwels die plaas en hulle weet nie hoe hulle in die toekoms gaan oorleef nie. Kinders se skoolgelde kan skielik nie meer betaal word nie en ouer kinders kan nie verder gaan studeer nie. “Dis ’n verskriklike bose kringloop en slagoffers is geweldig uitgelewer en kwesbaar,” meen die sielkundige.

Indien jy betrokke wil raak, stuur ’n e-pos na fonds@afriforum.co.za

OF

Stuur “FONDS” na 38312 (R10 per SMS) of maak ’n skenking deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 26155
Verwysing: Wilmien Potgieter

community development

Fundraisers

1 Fundraiser project

Donations

  1. William Dissing

    4 September

    R250.00
  2. Anonymous donation

    31 August

    £30.00
  3. Hannelie Jansen van Rensburg

    10 August

    R100.00
14 Donations

Fundraiser projects

1 Fundraiser project

I am raising funds for AfriForum NPC

By Jacqueline Martell

Hi! I need your help. I'm raising money for AfriForum NPC, who do great work for a cause that's v...

0% Completed
£0 raised
£150 Target
0 DAYS