HelpJanKan

#HelpJanKan - De Goede Hoop

In die verlede, toe ons nog jong studente was, het ons gereeld blik geskud om ’n geldjie vir ’n goeie doel in te samel. Deesdae word dinge ’n bietjie anders gedoen.

Gegewe die gejaagde lewe en die druk verkeer, het ons besluit ’n sentinsameling is dalk beter as blik skud om Jan te help om welslae te behaal.

Ons het geld nodig om Jan te help om in ’n veilige studentetuiste te bly wat Christelik en trots Afrikaans is. Dit is De Goede Hoop-koshuis. Ons moet Jan ook help om te ontwikkel en te groei sodat hy voorbereid is om die wêreld ná sy studentedae aan te pak.

De Goede Hoop is in 2016 gestig om ’n veilige tuiste vir Christelik-Afrikanerstudente te bied waar hulle gesonde studentetradisies kan uitleef.

Jy kan hier help

community development

Donations

  1. Anonymous donation

    21 August

    R2,000
1 Donation