Wees monumenTAAL! I Be monumental!

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in die Paarl is 'n nie-winsgewende, semi-staatinstelling wat afhanklik is van eksterne befondsing vir die aanbied van opvoedkundige en navorsingsprojekte.

Opvoedkundige projekte sluit in Borg-‘n-bus en Laat ons Lees! Duisende leerders besoek jaarliks die museum en monument. Dit kos slegs R5 per leerder om ‘n opvoedkundige uitstappie by die monument by te woon, maar baie skole kan nie busvervoer na die monument bekostig nie. Laat ons Lees! se doel is om kinders te bereik in areas waar daar nie biblioteke is nie. Fondse word gebruik vir die aankoop van boeke vir behoeftige skole (boektrommels) en ander leesmateriaal, asook om leesgroepe op dorpe te vestig. Navorsingsprojekte sluit in digitalisering van dokumente in ons argief en navorsing oor Afrikaans se ontstaansgeskiedenis.

  • Skenk R100 en ontvang ‘n “Ek is monumenTAAL!”-sertifikaat per slakkepos/e-pos. (Skenk R100 maandeliks en ontvang 'n sertifikaat en 'n jaarpermit).
  • Borg-'n-boom: Skenk R200 en kom kies 'n boom/plant in ons tuin waar ons 'n bordjie oprig met jou naam en die volksnaam van die boom/plant.
  • Skenk R250 en ontvang ‘n kopie van die argitek Jan van Wijk se boek oor die Taalmonument.
  • Skenk R500 en ontvang ‘n piekniek vir twee volwassenes en twee kinders én gratis toegang tot die monument vir ‘n piekniek of ‘n Volmaanpiekniek.
  • Borg-'n-bankie: Skenk R5 000 en jou naam verskyn op ‘n tuinbank/tafel in die monument se tuin.

arts, culture, humanities, trees, afrikaans, taalmonument, lees, taal, language, monument, museum, picnic, piekniek, volmaanpiekniek, bome

Activists

1 Activist project

Donations

  1. Anonymous donation

    9 February 2016

    R200
  2. Anonymous donation

    13 January 2016

    R100
  3. Anonymous donation

    13 December 2015

    R100
4 Donations