Solidariteit Beweging NOODFONDS
R 180,350
Raised in South African rand
Image for Solidariteit Beweging NOODFONDS
AfriForum NPC

Die Solidariteit Beweging het 'n noodfonds in die lewe geroep om die maatskaplike nood wat as gevolg van die Covid-19-krisis gaan ontstaan, te verlig. Die fonds gaan deur die Solidariteit Helpende Hand bestuur word. Die noodfonds word onder meer ondersteun deur AfriForum, die vakbond Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand en die FAK. Volgens Hannes Noëth, uitvoerende hoof van die Solidariteit Helpende Hand, volg 'n maatskaplike krisis op 'n ekonomiese krisis. Die gemeenskap moet seker maak dat alles in plek is om mekaar te help. Die Solidariteit Helpende Hand word oorval met versoeke vir hulp vir kwesbare groepe. Ons verwag dat die nood en die behoefte al hoe groter gaan word.Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê dat hulp aan mekaar in hierdie moeilike tyd noodsaaklik is. Die fonds het 'n ander fokus en doel as die regering se solidariteitsfonds. In 'n tyd soos dié is gemeenskapsfondse noodsaaklik. Antwoorde kan nie net van die staat af kom nie.Die Solidariteit Beweging se noodfonds word deur die Solidariteit Helpende Hand se ouditeure geoudit en 'n spesiale oorsigkomitee sal sorg dra dat die geld reg aangewend word.

AfriForum NPC
58 Union Ave & D.F. Malan Ave
Kloofsig
Pretoria
0157
South Africa
Telephone: 0861020030
Registration #: 2005 042861 08
Our Champions
Support our incredible champions. Swipe to see more.