Slagofferondersteuningsfonds
R 35,335
Raised in South African rand
Image for Slagofferondersteuningsfonds
AfriForum NPC

Die fonds fokus op slagoffers van plaasaanvalle sowel as ander geweldsmisdaad en word aangewend deur die AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid.

AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldsmisdaad – veral van plaasaanvalle. Die eenheid is in 2015 gestig en het sedertdien uitgebrei weens die toename in misdaad en veral plaasaanvalle.

Die Trauma-ondersteuningseenheid verskaf ook kos aan behoeftige slagoffers en bied ook ondersteuning met byvoorbeeld basiese mediese uitdagings, klere, ondersteuning tydens hofsake en die afneem van verklarings, en in sekere gevalle die nodige sielkundige ondersteuning. Die eenheid fokus andersins op –

•       ondersteuning op die misdaadtoneel;

•          die skoonmaak van die misdaadtoneel;

•          ontlonting van moontlike traumatiese ervarings;

•          hulp met beëdigde verklarings; en

•          voorbereiding op en hulp tydens hofverrigtinge.

Hierdie ondersteuning word moontlik gemaak deur skenkings wat mense aan die Slagofferondersteuningsfonds maak, asook deur AfriForum-lidmaatskapgelde.
Indien jy betrokke wil raak, stuur ’n e-pos na fonds@afriforum.co.za
OF
Maak ’n skenking deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 26155
Verwysing: Slagofferondersteuningfonds

AfriForum NPC
58 Union Ave & D.F. Malan Ave
Kloofsig
Pretoria
0157
South Africa
Telephone: 0861020030
Registration #: 2005 042861 08
Our Champions
Support our incredible champions. Swipe to see more.