FORUM VIR ATLETE
R 5,363
Raised in South African rand
Image for FORUM VIR ATLETE
AfriForum NPC

Braven Performance het Ronald Peters, AfriForum Sport se bestuurder, uitgedaag om in November vanjaar aan die halwe-ystermankompetisie in Mosselbaai deel te neem. Sy deelname sal nie net bewusmaking vir hierdie projek skep nie, maar sal ook as beginpunt vir fondsinsameling vir dié forum dien.

Ronald het die uitdaging aanvaar, maar gaan ondersteuning nodig hê om dit suksesvol aan te pak. Die doel van Projek Yster Slyp Yster is om te bewys dat ’n mens wat nie tans topfiks is nie, of nog nooit vantevore aan ’n halwe-ystermankompetisie deelgeneem het nie dit in minder as ses ure kan voltooi – mits dié persoon die nodige ondersteuning vanuit die privaat sektor kry. Dit sal bewys dat ons professionele atlete selfs nog hoër hoogtes kan bereik indien hulle die nodige ondersteuning kry.

Dit is vir ons baie belangrik om ’n verhouding met elke organisasie, onderneming en persoon te bou wat by Projek Yster Slyp Yster betrokke raak, want die doel daarvan is baie groter as net hierdie enkele projek, naamlik om ’n grondslag te skep vir ’n volhoubare oplossing wat Suid-Afrika se atlete sal help om hul volle potensiaal te bereik.

AfriForum NPC
58 Union Ave & D.F. Malan Ave
Kloofsig
Pretoria
0157
South Africa
Telephone: 0861020030
Registration #: 2005 042861 08