Volwasse Menswees / Mature Personhood
Charity profile
Volwasse Menswees is 'n Christelike nie-winsgerigte organisasie wat deur donasies befonds word. Donasies stel Volwasse Menswees in staat om onder andere gratis professionele dienste te lewer aan ekonomies gestremde persone en gemeenskappe, asook aan organisasies wat gemeenskapsontwikeling doen.
Die Tuiste vir jou Reis in Menswees
Volwasse Menswees bied opleiding en toerusting wat gegrond is in Christelike spiritualiteit.
Die Reispad na gesonde Menswees:
- Kronkel deur jou lewe se storielyn
- Transformeer jou swaarkry-ervaringe
- Bekwaam jou as agent vir genesende verandering in jou verhoudingsnetwerk
- Lei na gesonde individue, gesonde gesinne en ‘n gesonde samelewing
8-Dag Terapeutiese Ondervinding
Die 8-dag Reis in Menswees is ‘n intensiewe en terapeutiese kursus wat permanente gedragsverandering en geestelike groei fasiliteer. In hierdie hoë-impak kursus word die genesing en herstel van emosionele en opvoeding skade gedurende die vormingsjare, sowel as ongesonde gedragspatrone in verhoudinge onder andere hanteer. Gesonde selfbestuur en selfaanbieding vanuit die nuwe identiteit in Christus word ook geleer en ingeoefen.
Volwasse Menswees bied al vir die afgelope 22 jaar hierdie uiters praktiese Bybels-wetenskaplike kursus aan. Die 8-dag kursus is met groot vrug aan duisende mense in Suid-Afrika en lande soos Engeland, Egipte en Oekraïne aangebied.
Volwasse Menswees se werkswinkels is kenmerkend prakties, in-diepte en raak sleutelareas van die funksionering van menswees aan. Die werkswinkels fokus op onmiddellike implementering en positiewe groei. Groepies vriende woon dikwels saam die werkswinkels by en dit dra by tot die informele en gesellige aard daarvan. Werkswinkels word op aanvraag aangebied, ook vir groepe in verskillende dele van die land.
- Wees en Doen Liefde Werkswinkel
- Onmiddelike Huweliksgroei
- Volwasse Selfversorging & Selfbestuur
- Wins uit Woestyntye