Former Maties Cycling Members | Alle Matie Fietsry Oud-lede

Of jy nou reeds vir die Kaapstadse Fietstoer van 2018 ingeskryf het, of dit moontlik nog oorweeg, waarom gebruik jy die geleentheid om fondse vir studiebeurse in te samel nie?

Ek nooi alle geesdriftige fietsryers uit om saam met my en Carinus Lemmer, ʼn voormalige Springbok-fietsryer,
en Nicky Giliomee, Maties Fietsry se huidige voorsitter, by die wegspring aan te tree ter ondersteuningvan 'n goeie saak!

Soos jy seker reeds weet, is Maties in 2018 honderd jaar oud, en maak ons gereed om die enorme mylpaal behoorlik te herdenk. Een van die hoogtepunte sal wees om as 'n groep alumni, studente, personeel en vriende van die Universiteit op 11 Maart 2018 aan die Kaapstadse Fietstoer deel te neem.

Help ons om minstens R1-miljoen vir beurse met sportgeleenthede in ons Eeufeesjaar in te samel. Deur by die #Maties100-span aan te sluit, sal jy jou deel doen om geleenthede te skep vir die volgende geslag talentvolle Stellenbosch-gegradueerdes wat regoor die wereld impak maak.

Jy kan die saak op die volgende drie wyses ondersteun:

Koop'n #Maties100-groepinskrywing: Verseker jou plek in die Kaapstadse Fietstoer van 2018 teen R3 000, betaalbaar aan die Universiteit Stellenbosch. Jy sal dan saam met ons liefdadigheidsgroep voor die ope-groepe kan wegspring, 'n gesogte #Maties100-fietsryhempie en 'n ondersteuners-T-hemp ontvang, en geselligheid na afloop van die resies kan geniet. Volg asseblief die instruksies hieronder en ons stuur 'n skakel aan jou om te kan inskryf.
Of, gaan oor na die #Maties100-groep: Indien jy reeds vir die Kaapstadse Fietstoer van 2018 geregistreer het, kan jy steeds by die #Maties100-groep aansluit deur aan die Universiteit die verskil (R2 460) te betaal om sodoende jou inskrywingsfooi van R3 000 op te maak. Indien 'n gekeurde wegspringtyd aan jou toegedeel is, is jy welkom om in die groep te bly, of jy kan ook saam met ons groep ry. Ongeag die groep waarin jy ry, ontvang jy steeds 'n gesogte #Maties100-fietsryhempie en ondersteuners-T-hemp, asook toegang tot die geselligheid na afloop van die resies. Volg asseblief die instruksies hieronder en ons sal aan jou die skakel vir oorskakeling stuur.
Of, doen 'n skenking aan #Maties100: Talle ryers wil graag die uitdaging aanvaar, maar kan nie die inskrywingsfooi bekostig nie. Jou skenking van R3 000 per fietsryer kan hul wiele aan die rol sit. Indien jy iemand in gedagte het wat jy graag wil borg, laat ons gerus weet. So nie, sal ons sorg dat iemand 'n geleentheid met jou bydrae kry, en dat dit ook vir beursondersteuning gebruik word.Volg asseblief die instruksies hieronder.
Dankie vir jou ondersteuning van hierdie unieke geleentheid om die US se Eeufees te gedenk. Kom ons gaan saam vorentoe vir beurse!


Vriendelike groete

Prof Wim de Villiers
Rektor en Visekanselier

https://www.givengain.com/cause/3063/campaigns/180...

Event

Cape Town Cycle Tour 2018

Cape Town Cycle Tour 2018

11 March 2018. The 40th edition of the biggest timed bicycle race in the world!
SEE THE EVENT

a project by

in support of

Stellenbosch University - Alumni South Africa

Raise bursaries for #Maties100 in #CycleTour2018

Stellenbosch, Western Cape