Take Action
Latest News
e.tv joins fight against cancer
Aug 1, 2012
What CANSA's Holistic Care & Support has meant to YOU
Jul 30, 2012
Partnerships Strengthen CANSA’s Life-Saving Work
Jul 26, 2012
Die Vanzylsrus dames het weereens kragte saamgespan en die heerlikste damestee ten bate van KANSA aangebied. Die gasspreker was Hannes Snyman - bekend as apteker en sjokolateur en betrokke by Hande en Voete van Christus. Hy het die gaste vergas met waardevolle inligting en ook gemotiveer om vir ons medemens om te gee.
Tydens hierdie geleentheid is ook opleiding gebied aan die nuwe KANSA Skakelkomitee wat weer onder leiding van Venitia Schreuder KANSA se hande en voete op Vanzylsrus sal wees. Hierdie komitee bestaan uit: Venitia Schreuder (Voorsitter), Alta van Eeden, Hannelie van Tonder en Cerika Duvenhage en ons bedank hierdie dames vir hulle onbaatsugtige dienste en hulp in hierdie gemeenskap.
Marietjie Bam, die nuwe Gemeenskapsmobiliseerder vir die KANSA Kathu Kantoor, is tydens hierdie geleentheid ook aan die gemeenskap voorgestel. Ons moedig jou aan om met haar in verbinding te tree as jy geroepe voel om ook 'n verskil in jou gemeenskap te maak.
Die foto toon (vlnr): Marietjie Bam (KANSA Kathu), Hannes Snyman (spreker), Venitia Schreuder (Voors. Skakelkomitee), Christa Stadler (Streeksbestuurder: KANSA Upington/Kalahari).
Navrae KANSA:Marietjie Bam
Tel.: 081-356 9947
Joeye vd Merwe
Tel.: 054-332 4937
Epos.: joeyevdm@cansa.org.za
e.tv joins fight against cancer
Aug 1, 2012
What CANSA's Holistic Care & Support has meant to YOU
Jul 30, 2012
Partnerships Strengthen CANSA’s Life-Saving Work
Jul 26, 2012
Login or Sign Up for free to comment.