Kennisgewing van Konferensie: 25 Julie 2012
Hou asseblief die datum oop: Die FW de Klerk Stigting bied Woensdag, 25 July, 2012 ‘n voldag konferensie by die Johannesburg Buiteklub aan.
NASIONALE BELEID BY DIE KRUISPAD
Die Konferensie sal die volgende oorweeg:
- die aanbevelings van die onlangse ANC-beleidskonferensie binne die raamwerk van die Nasionale Demokratiese Revolusie
- die ANC se beleidsaanbevelings en die Grondwet
- die implikasies van die voorgestelde ontwikkelingsstaat
Die Konferensie sal ook spesifieke beleidsaanbevelings oor sekere belangrike onderwerpe oorweeg, insluitend grondhervorming; die kwessie van die staat wat private pensioen- en versekeringsfondse gebruik; kultuur- en taalregte en die toekoms van die provinsies.
Sprekers sluit in:
- FW de Klerk
- Premier Helen Zille
- John Kane-Berman, hoof uitvoerende beampte van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge
- Prof Francois Venter, dekaan van die regsfakulteit aan die NWU
- Leon Louw, uitvoerende hoof van die Vryemark Stigting
- Kallie Kriel, hoof uitvoerende beampte van AfriForum
‘n Volledige program sal volgende week beskikbaar wees.
Indien u graag die Konferensie wil bywoon, skakel asseblief vir Megan by 021 930 3622, of stuur ‘n e-pos na megan@fwdeklerk.org teen 6 Julie 2012. Die koste is R400 per persoon en sitplekke is beperk.
Comments
Published in: FW de Klerk Stigting



