Bedreigings vir die Openbare Beskermer

by Dave Steward (Staff)
Posted 11 July 2011

Die FW de Klerk Stigting is  diep bekommerd oor berigte wat in die media verskyn het dat op 6 Julie dat adv Thuli Madonsela, die openbare beskermer, op die punt was om gearresteer te word op aanklagtes van bedrog. Ministers en senior amptenare het onmiddellik die berigte ontken. Die minister van justisie, mnr Jeff Radebe, het gesê dat `n interne ondersoek in 2007 wat verband gehou het met kontrakte wat Madonsela se maatskappy, Waweth Resources CC, gehad het met die departement van justisie, bevind het dat sy nie enige wette oortree het nie. Radebe het ontken dat die DOV enige optrede teen haar ingestel het.  

Die minister van polisie, Nathi Mthethwa, het na die berigte verwys as ‘kwaadwillige leuens’. Hy en die Kommissaris van Polisie, Bheki Cele, het beweer dat hulle nie bewus was van die ondersoek of die hangende arrestasie nie. Op 8 Julie het die Star egter `n interne SAPD dokument, wat 1 April dateer, publiseer, wat verband hou met `n amptelike ondersoek oor die Openbare Beskermer - klaarblyklik in antwoord op `n saak wat hangende gemaak is “by `n Pretoriase polisiestasie”. Die dokument is geadresseer aan die hoof van kommersiële misdaad in die direktoraat vir die ondersoek van prioriteitsmisdade (die Valke). Dit is dus duidelik dat die SAPD inderdaad besig was om Madonsela te ondersoek - maar dat daar geen dokumentêre bewyse was dat sy binnekort arresteer sou word nie.

Agterdog is onmiddellik gewek dat `n onbekende party besig was om die ondersoek te gebruik om adv Madonsela te intimideer, want sy is duidelik vasbeslote om voort te gaan daarmee om haar pligte “sonder vrees, begunstiging of vooroordeel” uit te oefen soos wat die Grondwet vereis. Artikel 182 van die Grondwet gee die Openbare Beskermer die mag om “enige optrede in staatsake of in die openbare administrasie in enige regeringsfeer, wat, na beweer of vermoed word, onbehoorlik is of enige onbehoorlikheid of benadeling tot gevolg het”, “om oor die optrede verslag te doen” en “om gepaste regstellende stappe te neem.”

Dit was `n plig waarin haar voorganger, mnr Lawrence Mushwana, klaarblyklik gefaal het om uit te voer toe hy gevra is om die sogenaamde “Oilgate skandaal” te ondersoek. Mushwana het gepoog om die kwessie te ondersoek, maar het tot die gevolgtrekking gekom omdat die ANC en Imvume nie staatsinstellings is nie, dit nie binne sy grondwetlike mandaat geval het om bevindings te maak oor hul aktiwiteite nie. In Junie het die Appèlhof `n uitspraak van `n hooggeregshof bekragtig wat beslis het dat Mushwana se verslag oor die ‘Oilgate’ saga tersyde gestel word en het sy opvolger, adv Madonsela, opdrag gegee om die ondersoek weer in te stel.

 Adv Madonsela is aangestel as die nuwe Openbare Beskermer in Oktober 2009. Sy word beskou as oop, beginselvas en iemand wat haar pligte uitvoer binne die grondwetlike mandaat. In Februarie het sy bevind dat die nasionale kommissaris van Polisie, generaal Bheki Cele, skuldig is aan onbehoorlike optrede en wanadministrasie in terme van sy rol in `n R500m huurooreenkoms vir die SAPD-kantore in die Sanlam Middestad-gebou in Pretoria. Op 2 Maart is `n klopjag uitgevoer deur lede van misdaadintelligensie - wie na bewering nie opdrag gehad het van die SAPD om dit te doen nie. Die kantoor van die Openbare Beskermer werk tans aan `n finale verslag - wat alreeds uitgelek het - oor `n biljoen rand huurooreenkoms vir die hoofkantoor van die polisie in.

Die jongste berigte, tesame met die ongemagtigde klopjag op die Openbare Beskermer se kantoor in Maart, mag dalk wys op gesamentlike pogings deur onbekende partye om adv Madonsela te intimideer om haar daarvan te weerhou om haar pligte uit te voer in terme van die Grondwet. Dit is noodsaaklik vir ons grondwetlike demokrasie dat sy in staat sal wees om dit te doen - en dit is gevolglik gerusstellend dat President Zuma die “regering se toewyding en ondersteuning vir die kantoor van die Openbare Beskermer” bevestig het.  

Die waarheid is dat indien die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting nou `n wet was, sou die betrokke joernaliste nie die publiek kon inligting oor hierdie kommerwekkende ontwikkelinge nie en kon hulle aangekla geword het van ernstige oortredings en baie jare tronkstraf opgelê geword het.