English

2 February 2011 Gala-Ete

FW de Klerk Stigting > Bydraes

Op 2 February 2011 het die Stigting `n baie suksesvolle gala-ete aangebied, ter viering van die 21ste herdenking van die Toespraak in die Parlement wat die Weg Gebaan het vir Suid-Afrika se Grondwetlike Transformasie.  Die ete is gehou in die Vineyard Hotel in Nuweland, Kaapstad.

Die gaste is vermaak deur die uitstekende Gugulethu Tenore en Prins Mangosuthu Buthelezi het `n heildronk ingestel op die nuwe Suid-Afrika.  Die eerste jaarlikse FW de Klerk Welwillendheidstoekenning is aan dr Danny Jordaan oorhandig.  Dr Jordaan het `n paar woorde gese, waartydens hy `n paar staaltjies vertel het oor Nelson Mandela, Thabo Mbeki en FW de Klerk tydens die  voorbereidings vir die bod op die 2010 Wereldbeker.

Die Stigting het ook `n Koffietafelboek bekend gestel, getiteld The Things that Unite Us, ter viering van Dit wat Ons Verenig as Suid-Afrikaners.  `n Paar boeke is steeds beskikbaar.

`n Historiese Stembrief van 27 April 1994, geteken deur FW de Klerk, Nelson Mandela en Thabo Mbeki, is opgeveil vir R80 000.  Gaste het ook `n kans gestaan om wonderlike pryse te wen, wat geborg is deur Grande Provence, Mantis Eiendomme, die Vineyard Hotel en Lourensford Wynlandgoed. 

Vir foto's wat geneem by die geleentheid, volg asb die volgende skakels:

Alle foto's geneem tydens die geleentheid

Aanbieding van die Welwillendheidstoekenning

Die Gugulethu Tenore

Historiese Stembrief opgeveil

Comments

Published in: FW de Klerk Stigting > Bydraes