English
Ondersteun ons projekte

Konflik resolusies

Die bevordering van positiewe verhoudinge in multikulturele gemeenskappe

Die hoofuitdaging vir vrede in die nuwe millennium is die onvermoë van kulturele, taal en godsdienstige gemeenskappe om saam te bestaan in dieselfde lande.

Suid-Afrika se toekomstige sukses hang ook af van ons vermoë om positiewe verhoudinge tussen ons gemeenskappe te handhaaf deur te werk aan wedersydse verstandhouding en respek, asook die onderhouding van kultuur-, taal- en godsdiensregte. 

In hierdie verband

  • ondersteun die Stigting die kultuur-, taal- en opvoedkunidge regte van gemeenskappe wat vervat word in die Grondwet
  • bevorder die Stigting kommunikasie tussen kultuur- en taalgemeenskappe en tussen gemeenskappe en die regering
  • doen die Stigting navorsing oor die uitdagings wat multikulturele gemeenskappe in die gesig staar
  • ondersteun die Stigting moedertaal onderrig en deel Suid-Afrika se ervaring met ander multikulturele gemeenskappe.

Die Stigting speel `n leidende rol in die nasionale debat oor kultuur- en taalkwessies en fasiliteer ook kommunikasie tussen gemeenskappe en die regering op die hoogste vlakke om huidige bekommernisse te bespreek.

Die Stigting benodig R 500 000 (± USD 70 000) per jaar om hierdie take uit te voer.

Raak betrokke