Liefdadigheidsorganisasies
Gestremde en minderbevoorregte kinders
Die verspreiding van fondse aan organisasies wat sorg vir gestremde en minderbevoorregte kinders.
Die Stigting se hoofuitreikprojek is die ondersteuning van organisasies wat sorg vir gestremde en minderbevoorregte kinders en jong volwassenes.
Suid-Afrika se gestremde kinders staan dikwels agter in die tou as dit kom by befondsing wat nodig is om hulle te ondersteun. Die bystand wat die Stigting namens hulle bekom kan `n groot verbetering maak in die kwaliteit van hul lewens.
Die Stigting samel geld in – hoofsaaklik oorsee – wat dan versprei word aan organisasies soos die
- Alta du Toit Skool
- Worcester Skole vir die Dowes en Blindes
- Outisme Wes-Kaap
- Woodside Spesiale Sorg Sentrum
- en die Studie Trust
Dit monitor die implementering van projekte namens donateurs.
Die Stigting het daarin geslaag om meer as `n miljoen rand te versprei aan hierdie organisasies. Dit het gehelp om `n bus te koop vir die Alta du Toit Skool en het ook gehel om spesiale opleidingsprogramme te befonds vir dowe en blinde kinders; en het die versorging van verskeie erg gestremde kinders van die Woodside Spesiale Sorg Sentrum geborg.
Die Stigting benodig R 1 000 000 (± USD 150 000) per jaar vir hierdie projek.
Klik hier om 'n veilige aanlyn bydrae te maak.




