Tuis
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte skryf gereelde artikels oor verskeie onderwerpe, wat uitgestuur word aan ons lys van intekenare as ConsAlerts. Lees dit hier, of sluit hier aan by ons lys van intekenare.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte stel graag sy vyfde jaarlikse Menseregteverslagkaart bekend, wat aandui waar - na ons mening - Suid-Afrika met betrekking tot menseregte vordering gemaak het, en waar dit slegter gevaar het. Lees dit hier...
Lees die SRG se direkteur, adv Johan Kruger, se jongste kommentaar betreffende:
- aanstelling van Regters: GoSouthOnline
- beoogde lening aan Zimbabwe: Rapport
- grondhervorming: The Guardian
- die Wetsontwerp op die Regspraktyk: Polity.org, Legalbrief, De Rebus
- die staatsrede: Volksblad, GoSouthOnline
- seksuele geweld as 'n oorskryding van menseregte: News24, iolnews
- elke burger se reg om die regering te kritiseer: Volksblad
- konkurrente nasionale en provinsiale wetgewende bevoegdheid: Politicsweb, GoSouthOnline, MyCapeTown
- die gehaalte regsadvies waarop die regering steun: Beeld
- afknouery as 'n oorskryding van menseregte: News24
Lees die SGR se operasionele beampte, adv Jacques du Preez, se jongste kommentaar betreffende:
- samewerkende regering: GoSouthOnline
- kinders se reg op menswaardigheid en privaatheid: NGOpulse, People Magazine
Defending the Constitution is 'n beperkte-opgawe koffietafelboek wat saamgestel is deur die FW de Klerk Stigting. Elke kopie is persoonlik deur voormalige president FW de Klerk onderteken en bevat 'n versameling van mnr De Klerk se toesprake wat gelewer is ter ondersteuning van die Grondwet. 'n Paar kopieë van die boek is nog beskikbaar teen 'n minimum donasie van R500, en alle donasies sal aangewend word om die werk van die SGR te ondersteun. Kliek hier om 'n kopie van die boek te bestel.
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte ondersteun die Right to Know-veldtog. Die Veldtog is tot stand gebring in antwoord op die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, wat die Veldtog voel "will "fundamentally undermine[s] the struggle for whistleblower protection and access to information. It is one of a number of proposed measures which could have the combined effect of fundamentally undermining the right to access information and the freedom of expression enshrined in the Constitution."
Op Vrydag, 22 Maart, vier ons Wêreldwaterdag. Volgens ons Grondwet het elke Suid-Afrikaner "die reg op toegang tot...water". Lees meer hier...
[Foto: Chris Kirchhoff/ MediaClubSouthAfrica]
Vanjaar stel die Sentrum vir Grondwetlike Regte sy vyfde jaarlikse Menseregteverslagkaart bekend. Dié verslagkaart dui aan waar Suid-Afrika - na ons mening - met betrekking tot menseregte vordering gemaak het, en waar dit slegter gevaar het. Lees meer oor die Menseregteverslagkaart hier...
"'n President is iemand wat mense lei en rigting gee...dit ook 'n president se doel om te inspireer en om die rede en motivering te wees vir mense om op 'n sekere manier op te tree. As 'n president ooreenkomstig nie daarin slaag om te lei nie, sal diegene wat hy veronderstel is om te lei, hom nie wil volg nie," sê adv Johan Kruger. Lees meer hier...
"...die regering [het] ’n plig, ingevolge die Grondwet sowel as die Volkereg, om ’n toeganklike, verantwoordingspligtige en doeltreffende strafregstelsel daar te stel ten einde suksesvolle regsoptrede teen seksuele misdade te verseker," sê adv Johan Kruger. Lees meer hier...
Jacques Matthee, 'n vennoot aan die Sentrum vir Grondwetlike Regte, skryf oor die verhouding tussen gewoontereg en gedwonge huwelik. Lees sy artikel, The Right to Cultural Freedom and Forced Marriages in South Africa: What the Constitution giveth, the Constitution taketh away hier...
"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte verwelkom ’n aankondiging deur die ANC dat die regering dringend sal kyk na oplossings vir gewelddadige stakings en openbare betogings," sê adv Johan Kruger. "Die toenemende neiging van gegriefde groepe en individue om hulle na geweld, dreigemente van geweld en intimidasie te wend in die soeke na hoër lone en beter werksomstandighede is nie net ongrondwetlik nie, maar ook onwettig." Lees meer hier...
Behoort burgers die regering te kritiseer? "Ons woon in 'n grondwetlike demokrasie", sê adv Johan Kruger. "Dit beteken dat dit elkeen vry staan om die regering te kritiseer - veral wanneer daardie verkose verteenwoordigers versuim om op 'n deursigtige en verantwoordbare wyse te reageer op die vertroue wat deur die kiesers in hulle geplaas is." Lees meer hier...
"Die doelwit van die [Seriti-]Kommissie moet, met alle respek gesê, nie wees om “die bevlekking” van die reputasie van die regering of enige iemand anders 'te staak' nie, maar om agter die waarheid te kom ten opsigte van beweerde korrupsie van enorme proporsies ten opsigte van die wapentransaksie - wat na bewering sommige mense in die topbestuur van die regering insluit," sê adv Johan Kruger. Lees meer hier...
"Twee onlangse verwikkelinge in die Wes-Kaap het die noodsaaklikheid beklemtoon van samewerkende regering en tussenregeringsverhoudings ten opsigte van ons Grondwet - nie net in die algemeen nie, maar spesifiek met betrekking tot polisiëring," sê adv Jacques du Preez. Lees meer hier...
"Regter Chaskalson het geglo in ons Grondwet en al die regte wat daarin verskans is." Die Sentrum vir Grondwetlike Regte vier die nalatenskap van Arthur Chaskalson, voormalige Hoofregter van die Konstitusionele Hof. Lees meer hier...
"Die versuim om afknouery, geweld en misbruik by skole aan te spreek as 'n ernstige ondermijning van menseregte, net omdat dit tussen leerders plaasvind, is niks meer as 'n oorskryding van daardie leerlinge se menseregte nie," sê adv Johan Kruger. Lees meer hier...
"Die gedagte dat ‘n Minister met die NVG kan “praat” en “vra” dat hulle strafregtelike verrigtinge staak of kriminele klagtes terug trek ondermyn nie net die grondwetlik gewaarborgde onafhanklikheid van die NVG nie, maar indien dit dan die geval is, sal sodanige optrede deur ‘n Minister neerkom op ‘n oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag," sê adv Johan Kruger. Lees meer hier...
"Die Sentrum vir Grondwetlike Regte het met groot kommer kennis geneem van die afleiding wat President Zuma onlangs gemaak het dat die regstelsel... Die Grondwet - en die regstelsel wat ingevolge die Grondwet ingestel is - is nie eie aan die “wit man” nie," sê adv Johan Kruger. Lees meer hier...
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) verwelkom die besluit van die ANC om nie teen die uitspraak van die Suid-Gauteng Hoë Hof, wat beslis het dat die “struggle”-lied, Dubul’ iBhunu (Skiet die Boer), op haatspraak neerkom, te appelleer nie. Lees meer hier...
Volgens adv Jacques du Preez, "[mag] niemand...sonder ‘n hofbevel uit hul huise gesit word nie en enige persoon of instelling wat iemand uit hul woning wil laat sit, moet die regte prosedure volg, soos uiteengesit in wetgewing en die Grondwet." Lees meer hier...
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing in Democratic Alliance v The President of the Republic of South Africa & Others, waarin die Hoogste Hof van Appèl (HHA) se besluit om die President se aanstelling van adv Menzi Simelane as Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) tersyde te stel, gehandhaaf is. Lees meer hier...
"Die Grondwet beskerm inderdaad die reg om op ‘n vreedsame en ongewapende wyse te vergader, te betoog, ‘n betooglinie te vorm en petisies voor te lê," sê adv Johan Kruger, "...[n]ietemin neem geweld wat direk met stakings verband hou toe." Lees meer hier...
"Ons Grondwet is duidelik: Artikel 16(1)(a) verklaar dat elkeen die reg het op vryheid van uitdrukking, wat vryheid van die pers en ander media insluit," sê adv Jacques du Preez. Om die rede verwelkom die SGR die Konstitusionele Hof se beslissing in die saak van Print Media South Africa and Another v Minister of Home Affairs and Another. Lees meer hier...
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte is diep bekommerd oor die oënskynlike versuim van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om te voldoen aan 'n bevel deur die Hoogste Hof van Appèl (HHA). Lees meer hier...
"Een van die waardevolste gesamentlike erfstukke - 'n erfstuk wat elkeen van ons moet koester en ten alle koste moet beskerm - is sonder twyfel ons Grondwet - die hoogste reg in Suid-Afrika," sê adv Johan Kruger. Lees die res van sy toespraak, gelewer tydens Paulus Joubert Sekondêre Skool se Erfenisdagvieringe op 24 September, hier...
Die Sentrum vir Grondwetlike Regte betreur die onlangse geweld by Lonmin se Marikana-myn, waar talle mense hul lewens verloor het en nog meer beseer is. Lees meer hier...
"Alhoewel die Grondwet inderdaad die reg waarborg om te vergader, te betoog, te staak en petisies voor te lê op 'n vreedsame en ongewapende wyse, is sulke betogings en petisies wat dreigemente insluit om 'n demokraties verkose regering te destabiliseer, nie slegs ondemokraties en ongrondwetlik nie, maar moontlik ook onwettig," sê adv Johan Kruger. Lees meer oor die SGR se antwoord op die ANC-jeuliga se onlangse verklarings hier...
'n Onlangse uitspraak deur die Hoogste Hof van Appél (HHA) het die omstredenheid rondom toepassing van die Wet op Seksuele Misdrywe van 2007 finaal uit die weg geruim. Lees meer hier...
Die SGR verwelkom die President se besluit om Generaal Bheki Cele te onthef van sy pligte as Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. "'n Nasionale Kommissaris moet in staat wees om sy of haar pligte met integriteit en geloofwaardigheid uit te voer," sê Adv Johan Kruger. Lees meer hier...
"Die Grondwet vereis integriteit van ons veiligheidsdienste, sy lede en sy leierskap." Gevolglik verwelkom die SGR die jongste beslissing teen Generaal-luitenant Richard Mdluli. Lees meer hier...
Die SGR het met besorgdheid kennis geneem van die Film en Publikasieraad se besluit van 1 Junie 2012 om 'n klassifikasie van "16N" op die skildery "The Spear" van kunstenaar Bret Murray te plaas. Die Raad se redes om die nasie teen "The Spear" te beskerm is, om die minste te sê, onoortuigend. Lees meer hier...
Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se besprekingsdokument oor "Die Transformasie van die Regstelsel in die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstaat" laat die vraag ontstaan oor welke soort transformasie die regering in gedagte het. Is die doelwit eenvoudig demografiese transformasie in terme van Art 174(2) van die Grondwet, of is dit die transformasie van die regbank se denkrigting? Lees meer hier...
Die SGR veroordeel ten sterkste die geweld wat na bewering deur die ondersteuners van COSATU teen 'n vreedsame protesoptog van die Demokratiese Alliansie en sy ondersteuners gepleeg is. Lees meer hier...
Die SGR bied met graagte sy vierde jaarlikse Menseregte Rapport aan wat aandui, volgens ons mening, hoe Suid-Afrika met betrekking tot menseregte vordering getoon het en waar die land agteruit beweeg het. Lees meer hier...
Dinsdag was inderdaad 'n swart dag vir alle beginselvaste Suid-Afrikaners aangesien regte waarvoor hard gestry is, daardie dag neergetuimel het toe die regerende party sy meerderheidstem in die Nasionale Vergadering gebruik het om die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting te aanvaar. Lees meer hier...
Op 21 Julie 2011 het die SGR `n voorlegging ingedien by die Portefeulje Komitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling oor die Sewentiende Aanpassing van die Grondwet. Die Sentrum is bekommerd dat die voorgestelde wysigings veranderinge sal meebring aan grondliggende grondwetlike bepalings, wat verdere wysigings aan die Grondwet sal noodsaak. Hoewel sekere aspekte van die Wetsontwerp verwelkom moet word, is ander spesifieke klousules rede tot kommer. Lees meer hier...
Een van die hoofdoelwitte van die nuwe Suid-Afrika is om respek te bevorder vir menswaardigheid en kulturele en taaldiversiteit. Die Grondwet bied meganismes om harmonieuse verhoudings te skep deur kulturele en taaldiversiteit te respekteer in `n samelewing wat `n geskiedenis het van erge rasseverdelings. Hierdie regte word versterk deur die grondwetlike bepaling vir die instelling van `n Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe en van `n Pan Suid-Afrikaanse Taalraad. Onlangse voorvalle van rasse- en kulturele spanning en wydverspreide ongelukkigheid oor die implementering van die Grondwet se bepalings rakende taal, dui daarop dat beide instellings in hul onderskeie pligte misluk het. Lees meer hier...
In sy artikel getiteld "The Apex Court", waarsku die Eerbare Regter IG Farlam - Beskermheer van die SGR: "[t]he adoption of the proposal embodied in draft legislation to be considered by Parliament later this session that the Constitutional Court should be accorded the status of the apex court for all matters, whether constitutional or otherwise, will amount to the reversal of an important policy decision taken by the Constitutional Assembly and will undermine a valuable constitutional purpose sought to be achieved by the framers of the Constitution, without any compensating advantage." Lees meer hier...
Die SGR stel graag die derde jaarlikse Menseregte-verslagkaart bekend, wat aandui waar - in ons opinie - Suid-Afrika vordering gemaak het rakende menseregte, en waar dit agteruit gegaan het. Kry die verslag hier...
Die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting wat tans deur die Parlement oorweeg word het ten doel om sensitiewe staatsinligting te beskerm deur voorsiening te maak vir `n stelsel van klassifisering en deklassifisering. Dit is `n uiters belangrike stuk wetgewing, aangesien die bestaande raamwerk wat die beskerming van sensitiewe inligting reël afkomstig is uit die apartheid era waar geheimhouding voorkeur geniet het bó grondwetlike oppergesag. Dit is dus noodsaaklik dat die finale weergawe wat deur die Ad-Hoc Komitee goedgekeur word, aan die Grondwet voldoen. Indien dit nie daaraan voldoen nie, loop dit die risiko om `n ope, verantwoordbare en demokratiese bestel ernstig te ondermyn. Lees meer hier...
Terwyl President Zuma `n kruistog voer teen werkloosheid, het sy minister van arbeid wetgewing ingestel wat, volgens die mensehulpbrongroep Adcorp, sal lei tot die verlies van meer as `n miljoen poste. Lees meer hier oor President Zuma se Werskeppingsveldtog en die Wysigingswetsontwerpe op die Arbeidswette.
In die saak vanVikings Pony Africa Pumps (Pty) Ltd v Hidtro-Tech Systems (Pty) Ltd is die kwessie oor watter rol `n staatsorgaan moet speel nadat oneerlike wanvoorstelling deur `n suksesvolle tenderaar aan die lig kom, deur die Grondwetlike Hof oorweeg. Lees meer hier.
Artikel 25 van die Grondwet beskerm elkeen se reg om nie van hul eiendom ontneem te word nie (in die sin dat iemand jou toegang tot jou eiendom op onregmatige wyse beperk), tensy die ontneming in terme van `n algemeen geldende regsvoorskrif geskied. Hierbenewens bepaal dit dat geen regsvoorskrif arbitrêre ontneming mag veroorloof nie. Hierdie bepaling is egter nog nie ten volle definieer of ontwikkel in ons reg nie. Die onlangse uitspraak van die Grondwetlike Hof in die saak van Offit Enterprises (Pty) Ltd and Another v Coega Development Corporation (Pty) Ltd and Others bring egter `n seker mate van duidelikheid aangesien dit die kern van die beskerming teen onregmatige ontneming aanspreek, sowel as die grense van arbitrêre ontneming. Lees meer hier. Kliek hier vir die volledige uitspraak.
Dit is nie verbasend dat die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting met soveel teenstand begroet is nie. Wat wel verbasend is, is dat daar klaarblyklik gepoog word om dit deur die Parlement te haas. Kliek hier om meer te lees.
Kliek hier vir meer oor die saak van Tongoane en ander v Minister van Landbou en Grondsake en ander.
Verlede jaar, op Menseregtedag, het die SGR sy eerste Menseregte Verslagkaart uitgereik. Ons het besluit om hierdie proses voort te sit hierdie jaar met `n nuwe Verslagkaart wat aandui waar, in ons opinie, ons vordering gemaak het met betrekking tot menseregte en waar ons agteruitgegaan het. Ons het weereens simbole toegeken vir menseregte in hierdie jaar se verslagkaart. Volg hierdie skakel vir die Verslagkaart.
Die saak van Solidarity obo Mrs R M Barnard v South African Police Services, wat aangehoor is in die Arbeidshof van Suid-Afrika, het `n belangrike impak op die implementering van die Plan van Gelyke Indiensneming waarvoor die Wet voorsiening maak. Dit hou ook ernstige implikasies in vir die verskeie senior poste wat nie gevul is nie omdat daar nie geskikte kandidate in die aangewese groep gevind kon word nie. Lees meer...
Kliek hier
vir die SGR se voorlegging aan die Portefeuljekomitee op Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling op die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bekamping van Marteling [B21-2012].
Kliek hier
vir die SGR se voorlegging aan die Gesamentlike Komitee op Grondwetlike Hersiening betreffende Seksie 45(1)(C) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 - Aanbevole Hersiening van Seksie 47(3)(C).
Kliek hier
vir die SGR se voorlegging oor die Suid-Afrikaanse Polisiediens Wysigingswetsontwerp.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die Judges' Remuneration and Conditions of Employment Amendment Bill.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die Sewentiende Grondwetlike Wysigingswetsontwerp.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die Superior Courts Bill.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die Wysigingswetsontwerp op die Strafproses.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Eiendomsbelasting.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die Wysigingswetsontwerp op die Sekerheid van Verblyfreg.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die State Liability Amendment Bill.
Kliek hier
vir die SGR se voorleggings oor die Draft Labour Relations Amendment Bill, 2010; die Draft Basic Conditions of Employment Amendment Bill, 2010; die Draft Employment Equity Amendment Bill, 2010; en die Draft Employment Services Bill, 2010.
Kliek hier vir die SGR se Voorleggings oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, 2009.
Kliek hier vir die SGR se Kommentaar oor die Public Service Broadcasting Discussion Paper to Amend the Broadcasting Act 4 of 1999.
Vir al die voorleggings wat al deur die SGR gemaak is, kliek hier.

