Woord van die week (2012-05-05): baker / bakermat

Posted 14 May 2012

baker s.nw. (verouderd)

Vrou wat 'n moeder en pasgebore baba versorg.

Uit Ndl. bakeren "om te koester of vertroetel".

bakermat s.nw.

1 (verouderd) Langwerpige, lae mandjie waarin die baker die baba op haar skoot, gew. voor die vuur, versorg het.

2 Plek van oorsprong. Die bakermat van die Christendom, van Afrikaans.

Uit die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en Etimologiewoordeboek van Afrikaans