Canticum Novum

Mozart Requiem CD (2010 opname) nou beskikbaar

Posted 25 May 2010 in Posts / Nuus | News

Dit is ons aangename voorreg om u mee te deel dat 2010 se Canticum Novum en USSO  koor-en-orkeswerkuitvoering, die Requiem van Mozart, nou uiteindelik beskikbaar is op CD.

Soos altyd staan die koor en orkes onder leiding van Louis van der Watt, met Vanessa Tait-Jones, Minette du Toit-Pearce, Willem Bester en Barend van der Westhuizen wat as soliste opgetree het.

Die uitsonderlik hoë gehalte van die uitvoering en opname het aan ons die geleentheid gebied om die CD nie net plaaslik beskikbaar te maak nie maar ook vry te stel op kommersiële vlak. In die dirigent se eie woorde:

"Canticum Novum voer reeds vanaf 1998 jaarliks ten minste een groot gewyde Koor- en Orkeswerk op. Al hierdie uitvoerings was “memorable occasions”- dink byvoorbeeld net aan die vele Messias-uitvoerings of ook die Händel Dixit Dominus en Dettingen Te Deum uitvoerings  verlede jaar met die Kaapse Filharmoniese Orkes. Ek is egter van mening dat vanjaar se uitvoerings van die Mozart Requiem die hoogste standaard  is wat Canticum Novum al ooit met sulke werke bereik het”.

Nuut! Luister HIER na uittreksels (sien onderste gedeelte van blad.)

Die CD is beskikbaar teen slegs R120.00 per CD. Koop egter 3 CD's (R360.00) en u sal ‘n 4de gratis ontvang. (Dit maak uiteraard uitstekende geskenke en Kersfees is nie te ver weg nie...). 

Indien u self u aankope in Stellenbosch sal afhaal: Nadat u die betaling gemaak het, kontak ons asb om reëlings te tref. CDs sal ook beskikbaar wees vir afhaal om 12:30 op Maandag 31 May 2010 in die Neelsie.

Indien u aankope per pos na u gestuur moet word (slegs Suid-Afrika): Voeg asb posgeld van R30.00 by die totale koste van u aankope, bv. (2 x R120.00) + R30.00 = R270.00. Nadat u die betaling gemaak het, kontak ons asb met u kontakbesonderhede en posadres.

Bankbesonderhede:
Rekeningnaam: Canticum Novum
Rekeningtipe: Spaarrekening
Bank: Nedbank
Tak: Universiteit van Stellenbosch
Rekeningnommer: 2192009933
Takkode: 119210 of 11921000
Verwysing: U naam en van
Bewys van betaling: Stuur dit asb aan ons by canticumnovumstb@gmail.com.

Kontak ons gerus indien u enige verdere vrae het.