Canticum Novum

Messias bladmusiek en midi lêers nou beskikbaar vir aflaai

Posted 29 August 2011 in Posts / Messias 2011/2012
Post Files

Alle lede wat gaan deelneem aan die Messias 2011 en 2012 uitvoerings kan nou die koormusiek hiernaas in midi formaat aflaai om tuis te luister en te oefen. Windows Media Player of Winamp kan maklik vir hierdie doel aangewend word.

Die volledige bladmusiek is ook hier in pdf beskikbaar. Dit kan so lank uitgedruk word indien jy jou eie kopie wil hê (wenk - druk dit tweekantig). 

Let asb. op die volgende:

  • Oefen eers met die lêers wat vir jou stemgroep gestel is
  • Gebruik dan later die lêers in die "Koor.zip" lêer om jou kennis van jou stemgroep se melodie te toets teen dié van die ander partye
  • Die tempo's is nie noodwendig korrek nie, en daar is soms instrumente of selfs perkussie bygevoeg om die spesifieke snit makliker te laat insink wanneer jy allen oefen