Beyers Truter Faith Fund

Finesse & Faith Fund - Omgee-dag

Posted 29 April 2010
Finesse tydskrif & FAITH FUND vat weer vanjaar hande om 'n onvergeetlike OMGEE-dag met pret en lekker kuier op Spier aan te bied. En jy is genooi!! Die gasspreker is die blinde HEIN WAGNER. Hy het 39 Kilometer alleenmet 'n fiets gery, die 10 hoogste berge in die Wes-Kaap geklim en talle rekords as renjaer gebreek. Hy het alles wat nodig is om jou op te beur en te motiveer. Elsabe Aldrich, die Wes-Kaapse pretprater wat gehore regoor Suid-Afrika lok, is die seremoniemeester. Maak jou reg om lekker saam met haar te lag. Bravo sal sorg vir die dag se vermaak. Kom vier Omgee-dag en bring vir 'n veranderinge jou man ook saam (as jy wil!). Datum: Saterdag, 24 Julie 2010 Tyd: 9h30 vir 10h00 tot ongeveer 13h30 Plek: Spier landgoed, Stellenbosch Koste R280 pp (sluit geskenksakkie, 'n ete en hope gelukkige trekkings in) Kleredrag: Deftig-informeel PLUS Jy kan 'n naweek wegbreek vir twee persone by Spier wen ter waarde van R4 200. Bespreek jou sitplek of tafelbespreking by Ina Viljoen deur 'n e-pos te stuur aan kershoff@mweb.co.za of skakel 0834634090.

Take Action

Latest News

Finesse & Faith Fund - Omgee-dag
Apr 29, 2010