Wat gebeur wanneer iemand wat groot geraak het in die kerk, aangespreek en geraak word deur die nood van die wereld? Die antwoord is tweerlei. Eerstens kry jy 'n nuwe verstaan van hoe God se hart van liefde klop vir wereld en sy mense. Tweedens sien jy die ontsaglike potensiaal in die kerk om werklik 'n verskil te maak en wil jy hierdie potensiaal ontwikkel.
Dit is presies wat gebeur het in die lewe van Gert en Martha Roberts sedert 1997. Dit het hulle passie geraak om die liggaam van Christus (kerk) te mobiliseer om 'n verskil te maak aan die wereld in nood. Gert en Martha is sedert 2001 sendelinge in 'n voltydse geloofsbediening werksaam by Kingfisher Mobilisering Sentrum.