CANSA

Oorwin Kanker met KANSA

Posted 25 July 2012

English Press Release:

17 Julie 2012: In Nasionale Kankerweek (31 Julie tot 5 Augustus 2012), beklemtoon KANSA die sorg en ondersteuning wat hulle aan kankeroorwinnaars gebied het vir die afgelope 80 jaar en dit sinoniem met ‘Hoop en Versorging’ gemaak het."KANSA wil kankeroorwinnaars aanmoedig om voluit te lewe en hulself as oorwinnaars te sien vanaf die dag van diagnose," sê KANSA se HUB en self 'n kankeroorwinnaar vir 29 jaar, Sue Janse van Rensburg. "KANSA loop die pad saam met die kankeroorwinnaar en saam sal ons alles doen wat ons kan om te verseker dat daar altyd hoop is."

Die hooffokus van KANSA se Sorgsentra en Sorgklinieke is om omvattende sorg en ondersteuning aan oorwinnaars, hul geliefdes en versorgers regoor die land te verskaf.  Dit sluit in individuele en ondersteuningsgroepe, spesialisversorging van wonde en komplikasies asook die voorsiening van mediese toerusting. By KANSA is mense meer as net nommers – personeellede en vrywilligers is betrokke by die daaglikse behoeftes en spanning wan mense wat deur kanker geraak is.

KANSA se agt Mobiele Gesondheidseenhede reis na afgeleë gebiede in Suid-Afrika om mense te bereik wat nie andersins toegang tot kankersiftings-ondersoeke sou hê nie. Dit sluit in die Papsmeer siftingstoets vir servikale kanker, Prostaat Spesifiek Antigeen toetse (PSA), borsondersoeke, sowel as ander gesondheidstoetse soos byvoorbeeld cholesterol.

Faith Songca van die Oos-Kaap, is met borskanker gediagnoseer en het 'n mastektomie ondergaan, sê sy is dankbaar oor die ondersteuning wat sy van haar kerk, gesin en KANSA ontvang het, wat haar sterk gehou het.

Genevieve Swanepoel van Oos-London vertel hoe sy 'n vriendin, wat voorheen met kanker gediagnoseer is, wou bemoedig en toe eers 'n besoek by KANSA afgelê het om meer inligting te bekom. Terwyl sy daar was het sy ook 'n gratis borsondersoek gegaan. "Hulle het knoppe in my linkerbors gevoel," voeg sy by. Genevieve het gesê dat sy baie ondersteuning van haar gesin, medewerkers, vriende en KANSA ontvang het en dat haar twee seuns berading ten tye van haar diagnose by KANSA ontvang het, aangesien die jongste seun hierdie nuus bitter moeilik verwerk het.

Al KANSA se versorgingsprogramme word so gestruktureer dat dit die hoogs noodsaaklike en praktiese oplossings bied vir algemene probleme wat mense wat gediagnoseer is, in die gesig staar. KANSA se Sorgtuistes  huisves buite-stedelike pasiënte wat behandeling ondergaan en verskaf gratis vervoer na en van die behandelingsentra en voorsien ook gesonde maaltye.

Spesialis sorg word aangebied by sommige van KANSA Sorgsentra en behels die behandeling van komplikasies as gevolg van die kankerbehandeling - spesifiek limfedeem, stoma en behandeling van wonde wat moelik genees. Spesiaal opgeleide terapeute bied behandeling om limfedeemsimptome by kankerpasiënte te verlig. KANSA verskaf ook pruike en mediese hulptoerusting aan pasiënte om te verseker dat daar aan hulle fisiese behoeftes voorsien word.

KANSA se Tough Living with Cancer (TLC) Tuistes voorsien huisvesting aan ouers wie se kinders behandeling ondergaan, en verskaf ook maaltye en bied ondersteuning. Rose Ndlovu is 'n ma en ouma wat deur kanker geraak is. "Sedert Januarie bly ons in die KANSA TLC Tuiste by die hospitaal waar my kleinkind behandeling ondergaan. My man moet nou allenig vir die ander ses kinders by die huis sorg. Ek is baie dankbaar dat ons gratis in KANSA se TLC tuiste kan bly aangesien dit baie moelik is om aleenlik op toelae te oorleef.”

As deel van die Internasionale Kankeroorwinnaarsdag in Junie, het KANSA oorwinnaars en versorgers genooi om hulle merk te maak deur 'n inspirerende boodskap van hoop op stukke materiaal te skryf.  Van die lappe sal aanmekaar gewerk word om as duvetoortreksels, tafeldoeke, gordyne en voorskote vir gebruik in KANSA Sorgsentra en –tuistes te dien en sal tydens die Kankerweek onthul word.

Die nuwe hersiene KankerSorg Hanteringsgids (twee klank CDs) sal ook binnekort vir oorwinnaars geloods word. "Ons weet hoe vreesaanjaend en spanningsvol 'n kankerdiagnose kan wees – en dis hoekom ons KankerSorg Hanteringsgids so toepaslik is vir enigiemand wat onlangs met kanker gediagnoseer is," verduidelik Janse van Rensburg. "Dit voorsien inligting en praktiese wenke om toereikende fisiese, emosionele en geestelike welsyn te bevorder, alvorens en tydens behandeling – kortliks help dit vir jou en jou geliefdes om kanker beter te kan hanteer."

'n Omvattende en bekostigbare versekeringspolis, CancerSure, is 'n verdere KANSA voordeel wat saamgestel is om diegene wat deur kanker geraak is, by te staan. Hierdie polis betaal 'n kontantbedrag van tot so veel as R100 000 uit met die bevestiging van 'n kankerdiagnose.

Volg KANSA op Twitter en sluit aan by KANSA op Facebook - CANSA: Fighting cancer in South Africa

Gedurende die 2011 Finansiële Jaar het KANSA die volgende bereik:
  • R6 miljoen belê in kankernavorsing
  • 45 000 individuele kankerpasiënte, oorwinnaars en gesinslede in meer as 500 gemeenskappe in Suid-Afrika ondersteun
  • Het gemiddeld 6 400 pasiënte maandeliks van gespesialiseerde ondersteuningsdienste by ons KANSA Sorgsentra en Onkologie-eenhede voorsien
  • 4 332 individuele pasiënte in ons 11 KANSA Sorgtuistes gehuisves waar hulle drie maaltye per dag tydens hulle vier tot ses weke verblyf geniet het
  • Spesialisversorging aan meer as 5 000 stoma pasiënte in die jaar
  • Sorg aan ‘n gemiddeld van 47 limfedeem pasiënte maandeliks
  • Ondersteuning verskaf aan pasiënte wat deur kanker geraak is deur berading van gemiddeld 1 445 individue per maand en het mediese uitrusting aan 4 370 mense geleen
  • Ons het 670 000 inligtings- en opvoedkundige pamflette en 8 300 aanplakbiljette in vier tale tydens ons bekendstellingsveldtogte versprei

Ons het kankeropsporing uitgevoer – dit sluit in fasiliteering in samewerking met die Departement van Gesondheid (DVG):

  • 14 894 Papsmere en 'n addisionele 8 825 in samewerking met die DVG vir servikskanker
  • 19 074 borsondersoeke om borsknoppe op te spoor en 'n verdere 3 400 in samewerking met die DVG
  • 7 063 PSA-toetse (waarvan 269 in samewerking met die DVG) om die teenwoordigheid van prostaatkanker vas te stel
  • 2 215 velondersoeke en 224 Fotofinder ondersoeke om velkanker vas te stel (waarvan 124 in samewerking met die DVG was)
  • 972 Lewenstylrisikos ondersoeke is afgehandel
  • Sowat 9% van hierdie ondersoeke het abnormaliteite aan die lig gebring

Lees meer in "KANSA se Realiteits Opname"...

Navrae KANSA:

Vir meer inligting, kontak asseblief Lucy Balona, KANSA se Algemene Bestuurder: Bemarking & Kommunikasie via e-pos:lbalona@cansa.org.za, of besoek  skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22, of e-pos: info@cansa.org.za